Geskiedenis van die skool:

Op 1 Mei 1979 ontstaan Laerskool Roodekrans met meneer B.T. Rentzke as eerste hoof. Meneer Roos, inspekteur van onderwys, het die amptelike opening waargeneem. Die tweede hoof was meneer J.P. Meyer wat in 1985 aangestel is en wat afgetree het in 2013. Ons huidige hoof is meneer G.G. Rousseau vanaf Januarie 2014.

Die skool is geleë tussen die mooi, protearyke heuwels van die voorstad Roodekrans, aan die Wes-Rand. Van die begin af is daar gestrewe na die uitbouing en ontwikkeling van die skool tot sy volle potensiaal en is net die beste goed genoeg vir die leerders en onderwysers.

Jou Reis Begin Hier:

By Laerskool Roodekrans glo ons dat elke kind ’n unieke skepping van God is – met ’n besondere doel en talente wat net hý of sý na die wêreld kan bring. Elke leerder wat ons hekke binnekom, is reeds geseën en kosbaar.

Ons onderwysers het die voorreg om saam met ouers hierdie jong lewens te vorm: om te lei, te leer en te inspireer sodat kinders kan ontdek waarvoor hulle gemaak is. Elke glimlag, talent en oorwinning is deel van God se groter plan.

Hier is leer ’n avontuur. Kinders groei terwyl hulle speel, lag en ontdek – en leer terselfdertyd die waardes van respek, verantwoordelikheid, omgee, eerlikheid en integriteit. Elke dag bring nuwe geleenthede om vriendskappe te bou en vreugde te vind in die klein dingetjies.

Ons gebed vir 2026 is dat dit ’n jaar van herinneringe, opwinding en vreugde sal wees. Mag ons saam stap op die pad wat die Here vir ons uitgelê het – met geloof, hoop en liefde in elke tree.

“Vorm ’n brein. Raak ’n hart. Verander die toekoms.”

Mnr. Deon Rousseau

Visie:

Elke kind te begelei om sy/haar besondere selfwaarde te help ontdek, alle lewensvaardighede van elke kind sover moontlik te ontwikkel.

Missie:

Omvattende en koste-effektiewe diens van ‘n kwaliteit te lewer, ‘n klimaat van ‘n aktiewe gemeenskap, onderwysers en leerders te skep.

Ontdek die Roodie-Wêreld

Akademie

Ontdek ons sterk akademiese grondslag waar elke leerder aangemoedig word om sy of haar volle potensiaal te bereik.

Sport

By Roodies glo ons in spanwerk, dissipline en pret deur ’n wye verskeidenheid sportgeleenthede.

Kultuur

Ontwikkel kreatiwiteit en selfvertroue deur ons dinamiese kultuuraktiwiteite en optredes.

Personeel

Ontmoet ons toegewyde personeelspan wat elke dag met passie en omgee die Roodie-familie ondersteun.